LEKKER LUISTER

Afrikaanse Oudiostories

vir kinders

Voorbeeld stories

Wie is ons?

Christelle Webb-Joubert

Ek het in 2003 aangesluit by die wêreld van klank en het al verskeie rolle by die radio vertolk. Die van omroeper, akteur, regisseur, skrywer, aanbieder en vervaardiger. Dis my passie om prentjies te skep met net woorde, musiek en byklanke. Met Lekker Luister hoop ek om kinders (en hulle ouers) se verbeelding aan te gryp met ons stories. 

Op ‘n persoonlike noot . . . ons seun is verstandelik gestremd en is nie-verbaal. Hy sal moontlik nooit self kan lees nie, so Lekker Luister is vir hom, en almal anders wat WIL maar nie KAN lees nie.

Mag ons stories vir jou ‘n toevlug wees.

Christelle

xxx

Christelle-Webb-Joubert
Juanita-de-villiers

Juanita de Villiers

Stories was nog altyd ‘n groot deel van my lewe as aktrise. En nou as ’n ma, meer as ooit. Dit maak my kinderlik opgewonde om te weet Lekker Luister is daar vir my kinders, en ook vir ander kinders om na te luister en hulle verbeelding te verryk.

​ Ek onthou as dogtertjie hoe my ma my altyd herinner het om middae voor die radio in te skuif en na die middagstorie te luister. Dit was die beste 10 minute van my dag. Daar het ’n hele nuwe wêreld oopgegaan in my verbeelding waarin ek kon ontsnap. ’n Wêreld-in-my-kop wat ek self gebou en geskep het. Ek hoop dat elke storie vir elke kind lewend sal word in hulle verbeelding, en dat hulle dit nie net sal geniet nie, maar ook lewenslesse daaruit sal leer.

Liefde Juanita

xxx

Juanita de Villiers

Stories was nog altyd ‘n groot deel van my lewe as aktrise, en nou as ‘n ma, meer as ooit. Dit maak my kinderlik opgewonde om te weet Lekker Luister is daar vir my kinders, en ook vir ander kinders om na te luister, en hulle verbeelding te verryk.

​ Ek onthou as dogtertjie hoe my ma my altyd herinner het om voor die radio in te skuif en na die middagstorie te luister. Dit was die beste 10 minute van my dag. Daar het ‘n hele nuwe wêreld oopgegaan in my verbeelding waarin ek kon ontsnap. ‘n Wêreld-in-my-kop wat ek self geskep het. Ek hoop dat elke storie, vir elke kind lewend sal word, en dat hulle dit nie net sal geniet nie, maar ook lewenslesse daaruit sal leer.

Liefde Juanita

xxx

Juanita-de-villiers

Voorbeeld Stories

Braaf die Boerboel

Braaf, die Boerboel

Klein Jan leer wat die beteken om
braaf te wees.

Meer inligting

Skrywer: Jacolene du Plooy

Akteurs: Christelle Webb-Joubert, Leché Joubert, Rian Terblanche, Mandi Baard en Mia-Anne O’Kennedy

Prinses en die ertjie

Die prinses en die ertjie

Tydens ń groot storm kom daar ń meisie by die kasteel aan. Sy sê sy is ń prinses, maar is sy werklik een?

Meer inligting

Skrywer: Christelle Webb-Joubert

Akteurs:Tiaan Slabbert, Lee Boshoff, Luan Jacobs, Inge Pohl Culbert en Franscois van Rensburg

Renchie die rooilipslangetjie

Renchie die rooilipslangetjie

Renchie, is ń rooilipslangetjie en is moeg vir haar eie blyplek in die Krugerwildtuin. Sy besluit om ń avontuur te gaan soek.

Meer inligting

Skrywer: Jan Albert van der Walt

Akteurs: Mandi Baard, Renske Jacobs, Kaz McFadden, Tiaan Slabbert.

|

Wat sê ons Lekker Luister maatjies

“Die kinders love die stories en dis vir hulle so lekker om daarna te luister. Dit maak hulle baie rustig, veral na ‘n dag by die skool waar hulle soveel inligting moet inneem. Ons luister dit gewoonlik as ons terugry in die kar en dit is vir hulle baie lekker.”​

– Ruline Muller

“Ek hou daarvan dat daar so baie verskillende tipes stories is. Ek en my boetie het iets waarvan ons hou! My gunsteling is Trix en Patat.”​

– Luka Bardenhorst

“Ons tweeling is elke aand 18:00 al in die bed, reg om te luister na die stories op Lekker Luister.”​

– Die Massons

Volg ons op sosiale media

0:00
0:00